Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 1:3-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Daarna het die woord van die Here tot Jeremia gekom tydens die regering van koning Jojakim van Juda, seun van Josia, en telkens tot die einde van die elfde regeringsjaar van koning Sedekia van Juda, seun van Josia. In die vyfde maand van daardie jaar is die inwoners van Jerusalem in ballingskap weggevoer.

4. Die woord van die Here het tot my gekom:

5. Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.

6. “Ag, Here my God,” het ek geantwoord,“ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”

7. Toe sê die Here vir my:Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie.Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur,en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê.

8. Moenie vir hulle bang wees nie,want Ek is by jou, Ek sal jou red.Dit is wat die Here gesê het.

9. Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraaken vir my gesê:Ek het nou my woorde in jou mond gelê.

10. Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 1