Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 1:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die woorde van Jeremia. Hy was 'n seun van Gilkija en 'n priester uit Anatot in Benjamin.

2. Die woord van die Here het tot hom gekom tydens die regering van koning Josia van Juda, seun van Amon. Dit was in die dertiende regeringsjaar van Josia.

3. Daarna het die woord van die Here tot Jeremia gekom tydens die regering van koning Jojakim van Juda, seun van Josia, en telkens tot die einde van die elfde regeringsjaar van koning Sedekia van Juda, seun van Josia. In die vyfde maand van daardie jaar is die inwoners van Jerusalem in ballingskap weggevoer.

4. Die woord van die Here het tot my gekom:

5. Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.

6. “Ag, Here my God,” het ek geantwoord,“ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”

7. Toe sê die Here vir my:Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie.Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur,en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê.

8. Moenie vir hulle bang wees nie,want Ek is by jou, Ek sal jou red.Dit is wat die Here gesê het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 1