Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 8:2-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Hulle roep na My om hulp: “Ons is aan U toegewy, ons God! Ons is Israel.”

3. Maar Israel het die goeie verwerp, daarom sal die vyand hom agtervolg.

4. Hulle het hulle eie konings aangestel sonder my goedkeuring, hulle het leiers aangestel wat Ek nie erken nie. Hulle het vir hulleself afgodsbeelde gemaak van hulle silwer en goud, maar dit sal vernietig word.

5. Samaria, jou goue kalf is afstootlik!My toorn het losgebreek teen Samaria.Hoe lank sal hulle voortgaan om onrein te bly

6. as hulle dan deel is van Israel? En daardie ding, dit is deur 'n ambagsman gemaak, dit is nie 'n god nie! Van die kalf van Samaria sal daar net splinters oorbly.

7. As mense wind saai, sal hulle 'n storm oes. As koring nie are skiet nie, kan dit geen oes lewer nie. As dit miskien tog iets sou oplewer, gaan vreemdes dit insluk.

8. Israel is klaar ingesluk. In die oë van die nasies het hulle nou geword soos 'n ding wat niemand wil hê nie.

9. En tog het die leiers by Assirië gaan hulp soek. Efraim is soos 'n eensame wildedonkie; hy het vir homself vriende gaan soek.

10. Maar al sou hy ook vriende maak onder die nasies, sou dit niks baat nie, want Ek gaan hulle nou bymekaarjaag, en binnekort sal hulle soos donkies swaar dra aan die las van die koning van Assirië.

11. Toe Efraim meer altare gebou het om sondeoffers te bring, het dit juis vir hom altare geword om op te sondig.

Lees volledige hoofstuk Hosea 8