Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 13:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daar was 'n tyd toe Efraim met gesag gepraat het, hy was die onbetwisbare leier in Israel. Maar hy het hom skuldig gemaak met Baäl en dit het vir hom die dood gebring.

2. En nou hou hulle maar aan met sondig: hulle het vir hulle beelde gemaak, afgodsbeelde van silwer na eie smaak. Maar dit bly die handewerk van ambagsmanne! Van hierdie beelde sê hulle: “As 'n mens wil offer, moet jy hierdie kalwers soen.”

3. Daarom sal hulle so vinnig verdwyn soos 'n môrewolkie, soos dou. Hulle sal weggewaai word soos kaf van 'n dorsvloer af, soos rook uit 'n skoorsteen.

4. Ek is die Here jou God van die tyd van Egipte af. Jy het geen ander god geken nie en jy het geen ander redder gehad nie.

5. Dit is Ek wat jou in die woestyn, in 'n dor land versorg het.

6. Maar toe hulle by goeie weiding gebring is, het hulle hulle vol geëet, en toe hulle vol geëet was, het hulle hoogmoedig geword. Daarom het hulle My vergeet.

7. Toe het Ek vir hulle geword soos 'n leeu, soos 'n luiperd wat vir hulle langs die pad voorlê.

Lees volledige hoofstuk Hosea 13