Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 6:5-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Draai jou oë liewer weg van my af,hulle maak my onrustig.Jou hare is soos 'n trop bokkewat teen die Gileadberge afkom.

6. Jou tande is so wit soos 'n trop ooiewat nou net skoon gewas is,elkeen met 'n tweeling,nie een sonder 'n lam nie.

7. Die versiersels op jou voorkop is soos granaatpitteagter jou sluier.

8. “Daar is sestig koninginne,tagtig byvroue,jong vroue sonder tal,

9. maar sy, my duif, my volmaakte, is enig,die enigste dogter van haar ma,haar ma se oogappel.Die jongmeisies kyk na haar;hulle praat met bewondering oor haar,die koninginne en die byvroue sing haar lof.

10. “Wie is dit wat soos die daeraad verskyn,so pragtig soos die maan,so helder soos die son,so indrukwekkend soos 'n afdeling vaandeldraers?

11. “Ek gaan af na die neuteboord toe,ek gaan kyk na die jong boompies by die spruit,ek gaan kyk hoe die wingerde bot,hoe die granaatbome bloei.

12. Ek ken myself nie,dit is of sy my laat ryop die strydwa van die keur van my volk.”

13. “Kom terug, kom terug, Sulammitiese vrou!Kom terug, kom terug dat ons jou kan sien!”“Wat wil julle sien aan die Sulammitiese vrouwaar sy dans in die soldatekamp?”

Lees volledige hoofstuk Hooglied 6