hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8

Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Ek het na my tuin toe gekom,my beminde bruid,ek pluk my mirre, my lekkerruik-kruie,ek eet my lekker vars heuning,ek drink my wyn en my melk.“Eet, vriende, drink, word dronk van die liefde.”

2. “Ek het geslaap maar my hart het wakker gebly.Toe hoor ek die man wat ek liefhet, klop en hy sê:‘Maak vir my oop, my beminde bruid,my duif, my volmaakte!My kop is nat van die dou,my hare is nat van die nag se klammigheid!’

3. “Toe sê ek:‘Ek het al uitgetrek,hoekom moet ek weer aantrek?Ek het my voete al gewas,hoekom moet ek hulle weer laat vuil word?’

4. “Maar die man wat ek liefhet, steek sy hand deur die opening,en my hart word onstuimig oor hom.

5. Ek staan op om oop te maak vir die man wat ek liefhetterwyl my hande drup van die mirre,terwyl die mirre van my vingers af afloopop die deur se knoppe.

6. Ek maak oop vir die man wat ek liefhet,maar die man wat ek liefhet, het omgedraai en is weg!Ek was so opgewonde toe hy gepraat het!Ek soek hom maar kry hom nie,ek roep hom maar hy antwoord nie.

7. Die wagte wat die stad patrolleer,kry my,hulle slaan my, hulle maak my seer;die wagte op die mureruk my tjalie van my af.

8. Vroue van Jerusalem, ek smeek julle:As julle die man wat ek liefhet, raakloop,sê vir hom die liefde verteer my.”

9. “Is die man wat jy liefhet, dan anders as ander,mooiste van al die vroue?Is die man wat jy liefhet, dan anders as anderdat jy ons so smeek?”

10. “Die man wat ek liefhet,is blakend gesond en blosend van kleur;jy kan hom uitken tussen tien duisend ander.

11. Sy voorkop is soos suiwer goud,sy haarlokke soos dadeltrosse,so swart soos 'n kraai.

12. Sy oë is soos die duiwe langs die spruite,duiwe wat lyk of hulle in melk gewas iswaar hulle langs die water sit.

13. Sy wange is soos die kruiebeddingswaar lekkerruik-kruie groei.Sy lippe is soos lelies,hulle drup van mirre.

14. Sy hande is soos stawe goud,met edelstene ingelê.Sy lyf is soos 'n blok ivoor,met saffiere ingelê.

15. Sy bobene is soos marmerpilarewat op goue voetstukke rus.Sy voorkoms is soos dié van die Libanon,indrukwekkend soos die seders.

16. Sy mond smaak soet,alles aan hom is begeerlik.So lyk die man wat ek liefhet, so lyk my lewensmaat,vroue van Jerusalem.”