Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 3:5-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Vroue van Jerusalem, ek smeek julleen ek roep die ribbokke en die takbokke in die veld tot getuie:moenie die liefde wakker maak en aanvuurvoor die tyd daarvoor ryp is nie.

6. “Wie is dit wat daar soos 'n rookwolkuit die woestyn uit kom,omgewe deur die geur van mirre, van wierook,van al die lekkerruik-kruie in die handel?

7. Kyk, sy drastoel is dié van Salomo self!Dit word begelei deur sestig soldate,van Israel se soldate,

8. elkeen vaardig met die swaard,opgelei vir oorlog,elkeen met 'n swaard aan die sy,gereed vir die nag se gevare.

9. Koning Salomo het van Libanonhoutvir hom 'n drastoel laat maak.

10. Die pote het hy van silwer laat maak,die leuning van goud,en die sitplek van pers wol.Die stoel se binnekant is inlegwerk,met liefde gedoen deur die vroue van Jerusalem.

11. Kom kyk na koning Salomo, vroue van Sion;hy dra die kroon waarmee sy moeder hom gekroon hetop die dag van sy huwelik,die dag van sy grootste vreugde.”

Lees volledige hoofstuk Hooglied 3