Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 3:2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Ek het opgestaanen in die stad rondgegaan op die strate en die pleine,en hom gesoek wat ek liefhet;ek het hom gesoek en hom nie gekry nie.

3. Die wagte wat die stad patrolleer,het my daar gekry.Ek het gevra:‘Het julle die man wat ek liefhet, gesien?’

4. Skaars was ek by hulle verbyof ek het hom wat ek liefhet, gekry.Ek het hom vasgegryp en hom nie laat los nie,ek het hom na my ma se huis toe gebring,na die kamer toe waar ek gebore is.

5. Vroue van Jerusalem, ek smeek julleen ek roep die ribbokke en die takbokke in die veld tot getuie:moenie die liefde wakker maak en aanvuurvoor die tyd daarvoor ryp is nie.

6. “Wie is dit wat daar soos 'n rookwolkuit die woestyn uit kom,omgewe deur die geur van mirre, van wierook,van al die lekkerruik-kruie in die handel?

Lees volledige hoofstuk Hooglied 3