Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 2:7-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Vroue van Jerusalem, ek smeek julleen ek roep die ribbokke en die takbokke in die veld tot getuie:moenie die liefde wakker maak en aanvuurvoor die tyd daarvoor ryp is nie.

8. “Luister, daar kom die man wat ek liefhet!Hy spring oor die berge,hy wip oor die rante.

9. Die man wat ek liefhet, maak soos 'n ribbok,soos 'n takboklam.Kyk, daar staan hy agter ons huis se muur,hy kyk by die venster in,hy loer deur die latwerk!

10. Die man wat ek liefhet, praat, hy sê vir my:‘Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe!

11. Kyk, die reëntyd is verby,die reën is oor, dis weg.

12. Daar is bloeisels in die veld,dit het tyd geword om te sing;die tortelduif se stem klink oor ons land.

13. Die voorvye kom al uit,die wingerde bot en versprei hulle geur.Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe!

14. My duif in die klipskeure,in die skuilplek teen die krans,wys my jou gesig,laat hoor my jou stem.Jou stem is strelend,jou gesig lieflik.’

Lees volledige hoofstuk Hooglied 2