Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 1:9-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. “Soos 'n spogperd in die farao se strydwa,so is jy vir my, my liefling,

10. met jou lieflike wange tussen jou oorbelle,jou nek met sy kettinkies om.

11. Ons sal vir jou oorbelle van goud maak,met silwerknoppies daarin.”

12. “So lank die koning op sy rusbank gelê het,het my nardusparfuum se geur versprei.

13. Die man wat ek liefhet, is vir my 'n sakkie mirrewat tussen my borste lê.

14. Die man wat ek liefhet, is vir my 'n bos hennablommeuit die wingerde van En-Gedi.”

15. “Jy is mooi, my liefling,jy is mooi, jou oë is duiwe.”

16. “Jy is mooi, man wat ek liefhet,baie aantreklik.Ons bed is die groen blare,

17. ons huis se balke is die seders,sy daklatte is die sipresse.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 1