Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 1:13-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Die man wat ek liefhet, is vir my 'n sakkie mirrewat tussen my borste lê.

14. Die man wat ek liefhet, is vir my 'n bos hennablommeuit die wingerde van En-Gedi.”

15. “Jy is mooi, my liefling,jy is mooi, jou oë is duiwe.”

16. “Jy is mooi, man wat ek liefhet,baie aantreklik.Ons bed is die groen blare,

17. ons huis se balke is die seders,sy daklatte is die sipresse.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 1