Ou Testament

Nuwe Testament

Haggai 2:6-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. So sê die Here die Almagtige: Nog een keer, binnekort, sal Ek hemel en aarde, see en land laat bewe.

7. Dan sal Ek al die nasies laat wakker skrik en hulle sal met hulle skatte kom en so sal Ek hierdie huis met rykdom vul, sê die Here die Almagtige.

8. Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sê die Here die Almagtige.

9. Die roem van die tempel sal in die toekoms groter wees as in die verlede, sê die Here die Almagtige. Op hierdie plek sal Ek vrede gee, sê die Here die Almagtige.

10. Op die vier en twintigste van die negende maand, in die tweede regeringsjaar van Darius, het die woord van die Here tot die profeet Haggai gekom:

Lees volledige hoofstuk Haggai 2