Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 1:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Uitspraak van die Here wat Hy aan die profeet Habakuk geopenbaar het.

2. Hoe lank moet ek om hulp roepvoordat U hoor, Here,moet ek by U bly kla oor geweldvoordat U red?

3. Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word,waarom kyk U toe as daar soveel ellende is?Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld,en word daar getwis en gebaklei.

4. Die wet het nie meer krag nie,en daar geskied nie meer reg nie.Slegte mense het die oorhand oor die goeies,en so word die reg verkrag.

5. Die Here het geantwoord:Kyk na die ander nasies:julle sal verstom staan oor wat julle sien.Ek gaan nog tydens julle lewe iets doen wat julle nie sal gloas dit vir julle vertel word nie.

6. Ek gaan die Galdeërs laat kom,die wrede, woeste nasiewat dwarsoor die aarde rondtrekom lande te verower wat nie hulle s'n is nie.

7. Hulle is 'n nasie wat vrees en ontsag inboesem,hulle ken net een wet, een trots, hulle eie.

8. Hulle perde is vinniger as luiperds,vuriger as honger wolwe.Hulle ruiters kom aan op 'n galop,hulle kom van ver af,hulle vlieg soos arende wat op hulle prooi neerskiet.

Lees volledige hoofstuk Habakuk 1