Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 8:20-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Toe het Noag 'n altaar vir die Here gebou en van al die rein vee en die rein voëls gevat en brandoffers op die altaar gebring.

21. Die Here het die offer aanvaar en Hy het by Homself gesê: “Ek sal nie weer so 'n ramp oor die aarde laat kom vanweë die mens nie. Van sy jeug af bedink die mens net slegte dinge, maar Ek sal nie weer al wat lewe laat omkom soos Ek gedoen het nie.

22. “So lank as die aarde bly bestaan,sal saaityd en oestyd nie ophou nie,ook nie koue en hitte,somer en winter,dag en nag nie.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 8