Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 7:20-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Die water het amper sewe meter bokant die berge gestyg en dit bedek.

21. Al wat op die aarde geleef het, het omgekom: diere wat kruip, voëls, mak diere, wilde diere, ja, alles wat op aarde wemel, ook al die mense;

22. alles wat die lewensasem in die neus gehad het, alles wat op land geleef het, is dood.

23. So het God alles wat op die aarde geleef het, uitgewis: mens en dier, ook dié wat kruip, en die voëls, hulle almal is weggevee van die aarde af. Net Noag en dié by hom in die ark is gespaar.

Lees volledige hoofstuk Genesis 7