Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 5:18-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Toe Jered 162 was, het hy die vader geword van Henog.

19. Jered het na die geboorte van Henog nog 800 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

20. Jered was dus 962 jaar toe hy gesterf het.

21. Toe Henog 65 was, het hy die vader geword van Metusalag.

22. Henog het na die geboorte van Metusalag nog 300 jaar naby God geleef en het seuns en dogters gehad.

23. Henog se ouderdom was dus 365 jaar.

24. Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem.

25. Toe Metusalag 187 was, het hy die vader geword van Lameg.

26. Metusalag het na die geboorte van Lameg nog 782 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

27. Metusalag was dus 969 jaar toe hy gesterf het.

28. Toe Lameg 182 was, het hy die vader geword van 'n seun.

29. Hy het die seun Noag genoem, “want,” het hy gesê, “hierdie seun sal ons opbeur in die harde werk met ons hande en in ons swaarkry op die grond wat deur die Here vervloek is.”

30. Lameg het na die geboorte van Noag nog 595 jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

Lees volledige hoofstuk Genesis 5