Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 5:12-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Toe Kenan 70 was, het hy die vader geword van Mahalalel.

13. Kenan het na die geboorte van Mahalalel nog 840 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

14. Kenan was dus 910 jaar toe hy gesterf het.

15. Toe Mahalalel 65 was, het hy die vader geword van Jered.

16. Mahalalel het na die geboorte van Jered nog 830 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

17. Mahalalel was dus 895 jaar toe hy gesterf het.

18. Toe Jered 162 was, het hy die vader geword van Henog.

19. Jered het na die geboorte van Henog nog 800 jaar geleef en het seuns en dogters gehad.

20. Jered was dus 962 jaar toe hy gesterf het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 5