Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 5:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hier volg die geslagsregister van Adam.Toe God die mense geskep het, het Hy hulle gemaak as beeld van Homself.

2. Man en vrou het Hy hulle geskep en Hy het hulle geseën en hulle “mens” genoem toe hulle geskep is.

3. Toe Adam 130 was, het hy die vader geword van 'n seun, sy beeld, een soos hyself. Adam het hom Set genoem.

4. Nadat Set vir hom gebore is, het Adam nog 800 jaar geleef en seuns en dogters gehad.

5. Adam was dus 930 jaar toe hy gesterf het.

6. Toe Set 105 was, het hy die vader geword van Enos.

Lees volledige hoofstuk Genesis 5