Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 49:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Jakob het sy seuns laat roep en vir hulle gesê:“Kom hier! Ek wil vir julle sêwat met julle nageslagte sal gebeur:

2. Kom na my toe, seuns van Jakob,luister na Israel, julle vader!

3. “Ruben, jy is die oudste,toonbeeld van my krag,gebore toe ek in my fleur was;jy is die vernaamste, die sterkste.

4. Maar jy sal nie langer die vernaamste wees nie,want soos stormwater was jy onstuimig:jy het jou vergryp aan 'n vrou van jou vader,jy het my bed verontreinig toe jy daarin geklim het.

5. “Simeon en Levi is die een soos die ander:altyd gereed vir geweld.

6. Aan hulle beraadslagings wil ek geen deel hê nie,in hulle vergaderings wil ek nie kom nie,want koelbloedig het hulle mense vermoor,roekeloos het hulle diere mishandel.

7. Die straf van God sal hulle trefoor hulle geweldpleging, hulle onbeteuelde drif:hulle sal uitmekaar gejaag word in Jakob,versprei word tussen die stamme van Israel.

8. “Juda, dit is jy vir wie jou broers sal eer:jy sal jou vyande onderwerpen jou broers sal voor jou buig.

Lees volledige hoofstuk Genesis 49