Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 48:3-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Hy het vir Josef gesê: “God die Almagtige het in Lus in Kanaän aan my verskyn. Hy het my geseën

4. en vir my gesê: ‘Ek sal jou vrugbaar maak en aan jou baie kinders gee. Ek sal jou nageslag baie volke laat word. Ek sal hierdie land aan jou nageslag gee om vir altyd te besit.’

5. Jou twee seuns wat hier in Egipte vir jou gebore is voordat ek hier na jou toe gekom het, Efraim en Manasse, is vir my soos my eie, soos Ruben en Simeon is hulle vir my.

6. As jy hierna nog kinders het, sal hulle eendag in die naam van hulle broers eiendom verkry.

7. Ek neem die twee seuns as my eie aan, want toe ek uit Paddan-Aram gekom het, is Ragel dood in Kanaän op pad na Efrata toe, dit is Betlehem, en ek het haar daar langs die pad begrawe.”

8. Toe Jakob die twee seuns van Josef sien, vra hy: “En wie is hulle?”

9. Josef het sy pa geantwoord: “Dit is my seuns. God het hulle vir my in hierdie land gegee.”Jakob sê toe: “Bring hulle hier na my toe. Ek wil hulle seën.”

10. In sy hoë ouderdom was Israel se oë al sleg en hy kon nie goed sien nie. Josef het sy seuns tot teen Israel gebring, en hy het hulle gesoen en teen hom vasgedruk.

11. Toe sê Israel vir Josef: “Ek het nooit daaraan gedink dat ek jou weer sal sien nie, en hier laat God my nou ook nog jou kinders sien.”

12. Josef het sy seuns van sy pa se skoot af getel en voor hom gebuig.

13. Toe vat Josef die twee aan die hand: Efraim met sy regterhand, links van Israel, en Manasse met sy linkerhand, regs van Israel. Maar toe Josef hulle naby hom bring,

Lees volledige hoofstuk Genesis 48