Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 48:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Rukkie hierna is vir Josef gesê sy pa is siek. Toe vat Josef sy twee seuns Manasse en Efraim saam.

2. Daar is aan Jakob gesê: “U seun Josef het na u toe gekom.”Toe het Israel sy kragte ingespan en regop gaan sit op die bed.

3. Hy het vir Josef gesê: “God die Almagtige het in Lus in Kanaän aan my verskyn. Hy het my geseën

4. en vir my gesê: ‘Ek sal jou vrugbaar maak en aan jou baie kinders gee. Ek sal jou nageslag baie volke laat word. Ek sal hierdie land aan jou nageslag gee om vir altyd te besit.’

5. Jou twee seuns wat hier in Egipte vir jou gebore is voordat ek hier na jou toe gekom het, Efraim en Manasse, is vir my soos my eie, soos Ruben en Simeon is hulle vir my.

6. As jy hierna nog kinders het, sal hulle eendag in die naam van hulle broers eiendom verkry.

Lees volledige hoofstuk Genesis 48