Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:30-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

30. Wanneer ons dus by ons pa terugkom en die seun aan wie hy so geheg is, is nie by ons nie,

31. ja, as hy moet sien die seun is nie daar nie, sal hy sterf. So sal ons ons pa wat 'n ou man is, van kommer laat sterf.”

32. Juda het verder gesê: “Ek het vir my pa gewaarborg dat die seun sal terugkom. Ek het belowe ek sal vir altyd by my pa in die skuld wees as ek die seun nie terugbring nie.

33. Hou my daarom dan nou hier as Meneer se slaaf in die plek van die seun, maar laat hý saam met sy broers teruggaan.

34. Hoe kan ek sonder die seun by my pa aankom? Ek sal dit nie kan verdra om te sien dat so 'n smart hom tref nie.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 44