Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe beveel Josef sy hoofamptenaar: “Maak die graansakke van die manne vol met net soveel kos as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak.

2. En my beker, my silwerbeker, moet julle bo in die sak van die jongste sit saam met die geld vir sy graan.”Die hoofamptenaar het gedoen wat Josef gesê het.

3. Ligdag die volgende môre is die manne toe met hulle donkies daar weg.

4. Hulle was nog nie ver uit die stad uit nie, toe sê Josef vir sy hoofamptenaar: “Kom, sit die manne agterna. En as jy hulle ingehaal het, moet jy vir hulle vra: Waarom beantwoord julle die goeie met die slegte?

5. Dit is die beker waaruit Meneer drink en waarmee hy voorspellings doen. Dis 'n lelike ding wat julle gedoen het.”

6. Toe die hoofamptenaar hulle ingehaal het, het hy dit alles vir hulle gesê,

7. maar hulle het vir hom gesê: “Waarom sê u so? Nie een van ons sal so iets aanvang nie.

8. Die geld wat ons die vorige keer in ons graansakke ontdek het, het ons uit Kanaän uit vir u teruggebring. Waarom sou ons dan goud of silwer uit die huis van u hoof steel?

9. Die een by wie iets van u hoof gekry word, kan doodgemaak word, en ons sal dan u slawe word.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 44