Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 4:9-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Toe vra die Here vir Kain: “Waar is jou broer Abel?” en Kain antwoord: “Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas?”

10. Maar die Here sê: “Wat het jy gedoen? Die bloed van jou broer roep van die aarde af na My.

11. Vervloek is jy dan nou, verban van die grond af wat gretig die bloed van jou broer uit jou hand opgeslurp het.

12. Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie sy opbrengs vir jou gee nie. Jy sal 'n doellose swerwer op aarde word!”

13. Toe sê Kain vir die Here: “My straf is te swaar om te dra.

14. U verdryf my nou van my grond af, en tot U het ek nie meer toegang nie. Ek sal 'n doellose swerwer op aarde wees, en wie my raakloop, sal my vermoor.”

15. Maar die Here sê vir hom: “Nee! Wie vir Kain vermoor, sal sewe maal gestraf word.”Toe gee die Here vir Kain 'n teken sodat niemand wat hom raakloop, hom sou doodmaak nie.

16. En Kain het van die Here af weggegaan. Hy het gaan woon in Nod, oos van Eden.

Lees volledige hoofstuk Genesis 4