Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 4:17-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Kain het met sy vrou gemeenskap gehad, en sy het swanger geword en vir Henog in die wêreld gebring. Kain het daarna 'n stad begin bou en hy het die stad na sy seun Henog vernoem.

18. Vir Henog is 'n seun Irad gebore, en Irad was die vader van Megujael, en dié was die vader van Metusael, en dié was die vader van Lameg.

19. Lameg was met twee vrouens getroud. Die een was Ada en die ander Silla.

20. Ada het vir Jabal in die wêreld gebring. Hy was die stamvader van dié wat in tente by hulle kuddes woon.

21. Die naam van sy broer was Jubal en hy was die stamvader van dié wat op die lier en die fluit speel.

22. Silla weer het vir Tubal-Kain in die wêreld gebring, en hy was 'n smid, 'n vakman in koper en yster. Sy suster was Naäma.

23. Lameg het vir sy vrouens gesê:“Ada en Silla, luister na my!Vrouens van Lameg, let op my woorde!Ek maak 'n man dood as hy my wond,'n seun as hy my seermaak.

24. Kain sal sewe maal gewreek word,Lameg sewe en sewentig maal!”

25. Adam het weer met sy vrou gemeenskap gehad, en sy het 'n seun in die wêreld gebring en hom Set genoem, “want,” het sy gesê, “God het vir my 'n ander kind gegee in die plek van Abel omdat Kain hom vermoor het.”

26. Ook vir Set is daar 'n seun gebore, en Set het hom Enos genoem.In daardie tyd het die mense begin om die Naam van die Here aan te roep.

Lees volledige hoofstuk Genesis 4