Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 4:16-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. En Kain het van die Here af weggegaan. Hy het gaan woon in Nod, oos van Eden.

17. Kain het met sy vrou gemeenskap gehad, en sy het swanger geword en vir Henog in die wêreld gebring. Kain het daarna 'n stad begin bou en hy het die stad na sy seun Henog vernoem.

18. Vir Henog is 'n seun Irad gebore, en Irad was die vader van Megujael, en dié was die vader van Metusael, en dié was die vader van Lameg.

19. Lameg was met twee vrouens getroud. Die een was Ada en die ander Silla.

20. Ada het vir Jabal in die wêreld gebring. Hy was die stamvader van dié wat in tente by hulle kuddes woon.

21. Die naam van sy broer was Jubal en hy was die stamvader van dié wat op die lier en die fluit speel.

22. Silla weer het vir Tubal-Kain in die wêreld gebring, en hy was 'n smid, 'n vakman in koper en yster. Sy suster was Naäma.

23. Lameg het vir sy vrouens gesê:“Ada en Silla, luister na my!Vrouens van Lameg, let op my woorde!Ek maak 'n man dood as hy my wond,'n seun as hy my seermaak.

Lees volledige hoofstuk Genesis 4