Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 4:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die mens het met sy vrou Eva gemeenskap gehad, en sy het swanger geword. Sy het vir Kain in die wêreld gebring en uitgeroep: “Ek het 'n man in die wêreld gebring met die hulp van die Here!”

2. Sy het weer 'n kind gekry, Abel, 'n broer vir Kain. Abel was 'n veeboer en Kain 'n saaiboer.

3. Na verloop van tyd het Kain van die opbrengs van die land 'n offer aan die Here gebring.

4. Abel het dit ook gedoen, van die eerstelinge uit sy kudde, van hulle vet. Die Here het vir Abel en sy offer aangeneem,

5. maar nie vir Kain en sy offer nie.Kain het baie kwaad geword en hy was bedruk.

6. Toe sê die Here vir Kain: “Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk?

7. Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie — die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.”

8. Kain het met sy broer Abel gepraat, en toe hulle in die veld was, het Kain vir Abel oorweldig en hom doodgemaak.

9. Toe vra die Here vir Kain: “Waar is jou broer Abel?” en Kain antwoord: “Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas?”

Lees volledige hoofstuk Genesis 4