Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 39:15-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. en hy hoor hoe hard ek aanhou roep, het hy buitentoe gevlug en hierdie stuk klere by my gelos.”

16. Sy het die stuk klere by haar gehou tot Josef se eienaar huis toe gekom het.

17. Sy het alles vir hom vertel en vir hom gesê: “Die Hebreeuse slaaf wat jy hier by ons ingebring het, het by my kom aanlê,

18. maar toe ek hard aanhou roep, het hy buitentoe gevlug en hierdie stuk klere by my gelos.”

19. Toe Josef se eienaar by sy vrou hoor wat sy slaaf alles aan haar gedoen het, was hy kwaad,

20. en het hy vir Josef gevat en in die tronk gegooi waarin die mense was wat deur die koning gevange gehou is.Terwyl Josef daar in die tronk was,

21. was die Here by hom, en Hy het Josef sy troue liefde laat ondervind, sodat die tronkbewaarder hom goedgesind geword het.

22. Hy het vir Josef in beheer geplaas van al die gevangenes in die tronk en van wat hulle moes doen. Josef was vir alles verantwoordelik,

23. en die tronkbewaarder het nie meer na iets omgesien nie; alles was in Josef se hande, want die Here was by hom. Wat Josef ook al aangepak het, die Here het dit laat slaag.

Lees volledige hoofstuk Genesis 39