Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 39:12-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Toe gryp Potifar se vrou hom aan sy klere en sê: “Kom lê by my.” Maar Josef het buitentoe gevlug, terwyl sy 'n stuk van sy klere in haar hand bly hou.

13. Toe sy sien dat hy buitentoe gevlug het terwyl sy 'n stuk van sy klere in haar hand bly hou,

14. roep sy die ander slawe van haar huis en sê vir hulle: “Kyk, Meneer het hierdie Hebreër na ons toe gebring om ons te kom verneder. Hy wou by my kom slaap, maar toe ek hard begin skree

15. en hy hoor hoe hard ek aanhou roep, het hy buitentoe gevlug en hierdie stuk klere by my gelos.”

16. Sy het die stuk klere by haar gehou tot Josef se eienaar huis toe gekom het.

17. Sy het alles vir hom vertel en vir hom gesê: “Die Hebreeuse slaaf wat jy hier by ons ingebring het, het by my kom aanlê,

18. maar toe ek hard aanhou roep, het hy buitentoe gevlug en hierdie stuk klere by my gelos.”

19. Toe Josef se eienaar by sy vrou hoor wat sy slaaf alles aan haar gedoen het, was hy kwaad,

20. en het hy vir Josef gevat en in die tronk gegooi waarin die mense was wat deur die koning gevange gehou is.Terwyl Josef daar in die tronk was,

Lees volledige hoofstuk Genesis 39