Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 38:3-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. en sy het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring. Juda het hom Er genoem.

4. Sy het weer swanger geword en nog 'n seun in die wêreld gebring en hom Onan genoem.

5. Toe Juda in Kesib was, het sy weer 'n seun in die wêreld gebring en hom Sela genoem.

6. Juda het sy oudste seun Er laat trou met Tamar.

7. Maar Er, Juda se oudste, was in die oë van die Here 'n slegte man, en die Here het hom laat sterf.

8. Toe sê Juda vir Onan: “Gaan na jou broer se weduwee toe, jou skoonsuster, en trou met haar, en sorg dat daar kinders gebore word vir jou broer.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 38