Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 36:6-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Maar Esau het met sy vrouens en sy seuns en dogters en al die mense by hom en met sy kleinvee en grootvee en al sy besittings wat hy in Kanaän bymekaargemaak het, weggetrek na 'n ander land toe, weg van sy broer Jakob af.

7. Hulle twee se besittings was te veel, hulle kon nie saam boer nie, en die land waar hulle as vreemdelinge gebly het, kon nie hulle vee dra nie.

8. Esau, dit is Edom, het in die Seïrberge gaan woon.

9. Hier volg die name van Esau se nageslag in die Seïrberge. Esau was die voorvader van die Edomiete.

10. Die name van Esau se seuns was: Elifas seun van Esau se vrou Ada, en Reüel seun van Esau se vrou Basemat.

11. Elifas se seuns was Teman, Omar, Sefo, Gatam en Kenas.

12. Esau se seun Elifas het vir Timna as byvrou gehad, en sy het vir Amalek in die wêreld gebring.Dit was die nageslag van Esau se vrou Ada.

13. Die seuns van Reüel was Nagat, Serag, Samma en Missa.Dit was die nageslag van Esau se vrou Basemat.

14. Die seuns van Esau se vrou Oholibama dogter van Ana, dogter van Sibon, was Jeüs, Jalam en Korag. Hulle was Esau se seuns.

15. Die volgende uit Esau se nageslag was stamhoofde. Uit Esau se oudste seun Elifas se seuns was daar Teman, Omar, Sefo, Kenas,

16. Korag, Gatam en Amalek, almal stamhoofde.Hulle was stamhoofde in Edom, almal uit Elifas se huis, die nageslag van Ada.

17. Uit Esau se seun Reüel was daar Nagat, Serag, Samma en Missa, almal stamhoofde.Hulle was stamhoofde in Edom, almal uit Reüel se huis, die nageslag van Esau se vrou Basemat.

18. Die seuns van Esau se vrou Oholibama was Jeüs, Jalam, Korag, almal stamhoofde.Hulle was stamhoofde uit die geslag van Oholibama dogter van Ana, Esau se vrou.

19. Dit was Esau, dit is Edom, se nageslag, en dit was hulle stamhoofde.

Lees volledige hoofstuk Genesis 36