Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 36:24-35 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Sibon se seuns was Aja en Ana. Dit is die Ana wat die warmbronne in die woestyn ontdek het terwyl hy sy pa Sibon se donkies opgepas het.

25. Ana het 'n seun Dison en 'n dogter Oholibama gehad.

26. Dison se seuns was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.

27. Eser se seuns was Bilhan, Saäwan en Akan.

28. Disan se seuns was Us en Aran.

29. Die stamhoofde van die Goriete was Lotan, Sobal, Sibon, Ana,

30. Dison, Eser en Disan.Dit is die Goritiese stamhoofde uit hulle families in Seïr.

31. Daar het al konings oor Edom geregeer nog voor daar konings oor Israel geregeer het. Hier volg hulle name.

32. Bela seun van Beor het in die stad Dinhaba oor Edom geregeer.

33. Na sy dood het Jobab seun van Serag geregeer. Hy was afkomstig uit Bosra.

34. Na sy dood het Gusam geregeer. Hy was afkomstig uit die wêreld van die Temaniete.

35. Na sy dood het Hadad seun van Bedad in die stad Awit geregeer. Hadad het die Midianiete verslaan in die gebied van Moab.

Lees volledige hoofstuk Genesis 36