Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 35:21-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Israel het verder weggetrek en kamp opgeslaan anderkant Migdal-Eder.

22. Terwyl Israel in daardie landstreek gebly het, het Ruben gemeenskap gehad met Bilha, sy pa se slavinvrou. Israel het dit te hore gekom.Jakob het twaalf seuns gehad.

23. Die seuns van Lea was Ruben, die oudste, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon.

24. Die seuns van Ragel was Josef en Benjamin.

25. Die seuns van Ragel se persoonlike slavin Bilha was: Dan en Naftali.

26. Die seuns van Lea se persoonlike slavin Silpa was: Gad en Aser.Dit is Jakob se seuns wat in Paddan-Aram gebore is.

27. Jakob is na sy pa Isak toe in Mamre by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Isak gebly het, en vroeër ook Abraham.

28. Isak het honderd en tagtig jaar oud geword

29. en toe is hy dood. Hy het gesterf nadat hy oud geword en 'n vol lewe gehad het. Sy twee seuns Esau en Jakob het hom begrawe.

Lees volledige hoofstuk Genesis 35