Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 32:6-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Die boodskappers het na Jakob toe teruggekom en kom sê: “Ons het by u broer Esau aangekom, maar toe was hy al op pad na u toe met vier honderd man by hom.”

7. Jakob het baie bang geword, angs het hom oorval. Toe deel hy die mense by hom, en die kleinvee, die beeste en die kamele in twee groepe,

8. want hy het gedink: as Esau by die eerste groep kom en dit uitwis, kan die ander groep dalk wegkom.

9. Daarna het Jakob gebid: “Here, God van my voorvader Abraham, God van my vader Isak, U wat vir my gesê het om terug te gaan na my land en my familie toe en U sal goed doen aan my,

10. ek is al u gunsbewyse nie werd nie, ook nie die trou waarmee U my versorg het nie. Toe ek destyds deur die Jordaan is, het ek net my kierie gehad, en nou het ek hierdie twee groot groepe.

Lees volledige hoofstuk Genesis 32