Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 32:29-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

29. Toe sê Jakob: “Sê my tog jou naam,” en die man vra: “Waarom vra jy my naam?”Hy het vir Jakob net daar geseën,

30. en Jakob het die plek Pniël genoem, “want,” het hy gesê, “ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie.”

31. Net toe Jakob by Pniël verbygaan, het die son opgekom. Jakob het mank gebly aan sy heup,

32. en daarom eet die Israeliete tot nou toe nie die senuweebondel wat aan die heup vaskom nie, want die man het vir Jakob teen sy heup geslaan, op die heupsenuwee.

Lees volledige hoofstuk Genesis 32