Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 31:45-55 Afrikaans 1983 (AFR83)

45. Toe vat Jakob 'n klip en sit dit regop neer as herinneringsklip.

46. Hy het vir die mense by hom gesê: “Maak nog klippe bymekaar.” Hulle het dit gedoen en 'n kliphoop gepak. Toe het hulle daar by die kliphoop geëet.

47. Laban het die kliphoop genoem: Jegar-Sahaduta, en Jakob het dit genoem: Galed.

48. Laban het toe gesê: “Hierdie kliphoop word vandag vir ons 'n getuienis,” en hy het dit Galed genoem.

49. Laban het ook nog gesê: “Dit is Mispa, want die Here hou 'n oog oor ons wanneer ons mekaar nie meer kan sien nie.

50. Dan sal jy nie my dogters mishandel nie en ook nie vir jou nog vrouens vat nie. Wanneer daar niemand anders by ons is nie, sal God getuie wees in die saak tussen ons.”

51. Verder het Laban vir Jakob gesê: “Kyk na hierdie kliphoop en kyk na die klippilaar wat ek regop gesit het. Dit staan tussen ons.

52. Hierdie kliphoop is 'n teken en die klippilaar is 'n teken: ek sal nie hier verby gaan na jou toe om jou aan te val nie, en jy sal nie hier verby kom om my aan te val nie.

53. Die God van Abraham, die God van Nahor, die God van hulle twee se vader sal as regter optree.”Toe het Jakob 'n eed afgelê in die Naam van die Beskermer van Isak.

54. Jakob het daar op die berg geoffer en toe het hy die mense by hom genooi om te eet. Nadat hulle klaar geëet het, het hulle daar by die berg oornag.

55. Vroeg die volgende môre het Laban sy kleinseuns en sy dogters met seënwense gegroet. Hy het toe vertrek, terug huis toe.

Lees volledige hoofstuk Genesis 31