Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 31:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Jakob het die seuns van Laban hoor sê: “Jakob het alles gevat wat aan Pa behoort. Hy het hierdie hele rykdom verkry uit wat aan Pa behoort.”

2. Jakob het ook aan Laban gemerk dat hy nie meer soos voorheen oor hom voel nie.

3. Toe sê die Here vir Jakob: “Gaan terug na jou vaderland, na jou familie toe. Ek sal by jou wees.”

4. Toe laat Jakob vir Ragel en Lea veld toe roep, na sy kleinvee toe.

5. Hy het vir hulle gesê: “Ek merk aan julle pa dat hy nie meer soos voorheen oor my voel nie. Maar die God van my vader was by my.

6. Julle weet dat ek baie hard gewerk het vir julle pa.

7. Tog het hy my bedrieg en my loon kort-kort verander. Maar God het hom nie toegelaat om my te benadeel nie.

8. Wanneer julle pa sê: ‘Die gestreepte kleinvee is jou loon,’ kry die hele trop gestreepte lammers, en wanneer hy sê: ‘Die gevlektes is jou loon,’ kry die hele trop gevlekte lammers.

Lees volledige hoofstuk Genesis 31