Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 3:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?”

12. Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.”

13. Toe vra die Here God vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” en sy sê: “Die slang het my mislei, en ek het geëet.”

14. En die Here God sê vir die slang:“Omdat jy dit gedoen het,is jy vervloek onder al die diere.Op jou maag sal jy seilen stof sal jy eet, jou lewe lank.

Lees volledige hoofstuk Genesis 3