Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 3:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?”

2. Die vrou het die slang geantwoord: “Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin.

3. God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.”

4. Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie,

Lees volledige hoofstuk Genesis 3