Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 28:15-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan. Ek sal jou na hierdie land toe terugbring. Ek sal jou nie in die steek laat nie. Ek sal doen wat Ek jou beloof het.”

16. Jakob het wakker geskrik en gesê: “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie.”

17. Jakob het bang geword en gesê: “Hoe skrikwekkend is hierdie plek! Dit is niks anders nie as die huis van God; dit is die poort van die hemel.”

18. Die volgende môre het Jakob opgestaan en hy het die klip wat sy kopkussing was, gevat en dit regop gesit. Toe giet hy olie op die bopunt daarvan uit.

19. Hy het die plek Bet-El genoem. Die stad was voorheen bekend as Lus.

20. Jakob het toe 'n gelofte afgelê en gesê: “As U, o God, by my is en my beskerm op my reis en vir my kos en klere gee,

21. sodat ek behoue terugkom by my ouerhuis, sal U, Here, my God wees.

Lees volledige hoofstuk Genesis 28