Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 23:9-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. dat hy die Makpelagrot aan die kant van sy grond aan my afstaan. Hy moet dit in julle teenwoordigheid teen die volle markprys aan my verkoop dat ek dit as begraafplek kan besit.”

10. Efron die Hetiet het tussen die Hetiete gesit en daar waar al die Hetiete wat die stadspoort binnekom, dit kon hoor, het hy vir Abraham gesê:

11. “Nee, Meneer, luister na my. Ek gee die stuk grond vir u, ook die grot wat daarop is. Ek gee dit vir u in die teenwoordigheid van my volksgenote. Begrawe u vrou daar.”

12. Toe het Abraham weer voor die volksleiers gebuig

13. en waar hulle almal dit kon hoor, het hy vir Efron gesê: “Nee, luister tog maar na my! Ek betaal die volle prys vir die grond. Vat die geld by my, sodat ek my vrou daar kan begrawe.”

14. Efron het toe vir Abraham gesê:

15. “Meneer, luister na my! Moenie dat ons stry oor 'n stukkie grond wat vier en 'n half kilogram silwer werd is nie. En dit om u vrou te begrawe!”

16. Toe het Abraham ingestem en die silwer vir Efron afgeweeg wat hy in die teenwoordigheid van die Hetiete genoem het: vier en 'n half kilogram silwer soos dit in die handel afgeweeg word.

Lees volledige hoofstuk Genesis 23