Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 23:11-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. “Nee, Meneer, luister na my. Ek gee die stuk grond vir u, ook die grot wat daarop is. Ek gee dit vir u in die teenwoordigheid van my volksgenote. Begrawe u vrou daar.”

12. Toe het Abraham weer voor die volksleiers gebuig

13. en waar hulle almal dit kon hoor, het hy vir Efron gesê: “Nee, luister tog maar na my! Ek betaal die volle prys vir die grond. Vat die geld by my, sodat ek my vrou daar kan begrawe.”

14. Efron het toe vir Abraham gesê:

15. “Meneer, luister na my! Moenie dat ons stry oor 'n stukkie grond wat vier en 'n half kilogram silwer werd is nie. En dit om u vrou te begrawe!”

16. Toe het Abraham ingestem en die silwer vir Efron afgeweeg wat hy in die teenwoordigheid van die Hetiete genoem het: vier en 'n half kilogram silwer soos dit in die handel afgeweeg word.

17-18. So het die stuk grond van Efron in Makpela waarop die grot is en wat oos van Mamre geleë is, Abraham se eiendom geword in die teenwoordigheid van die Hetiete en almal wat by die stadspoort inkom: die grond met die grot daarop en al die bome op die grond, sover as die grense daarvan gestrek het.

19. Daarna het Abraham sy vrou Sara begrawe in die Makpelagrot op die stuk grond, oos van Mamre, dit is Hebron in Kanaän.

20. So het die stuk grond met die grot daarop uit die hande van die Hetiete oorgegaan na Abraham as begraafplek wat aan hom behoort.

Lees volledige hoofstuk Genesis 23