Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 23:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Sara het honderd sewe en twintig jaar oud geword.

2. Sy is oorlede in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in Kanaän. Abraham het oor haar gaan rou en huil.

3. Daarna het hy die lyk daar gelaat en vir die Hetiete gaan sê:

4. “Ek is 'n vreemdeling, 'n bywoner by julle. Gee vir my 'n vaste besitting as graf hier by julle sodat ek my vrou daarin kan begrawe.”

5. Die Hetiete het hom geantwoord:

6. “Luister na ons, Meneer! Ons beskou u as 'n baie belangrike man. Begrawe u vrou in die beste graf hier by ons. Niemand van ons sal weier dat u u vrou in sy graf begrawe nie.”

7. Daarna het Abraham opgestaan en voor die Hetiete, die volksleiers, gebuig.

8. Hy het vir hulle gesê: “As julle instem dat ek my vrou hier kan begrawe, luister dan na my en doen voorspraak by Efron seun van Sogar

9. dat hy die Makpelagrot aan die kant van sy grond aan my afstaan. Hy moet dit in julle teenwoordigheid teen die volle markprys aan my verkoop dat ek dit as begraafplek kan besit.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 23