Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 2:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop.

2. Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het.

3. Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.

4. Dit dan is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskep is.Toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het,

5. was daar nog nie enige struike op die aarde nie en het daar ook nog nie enige groenigheid opgeskiet nie, want die Here God het dit nog nie op die aarde laat reën nie, en daar was nog nie 'n mens om die grond te bewerk nie.

6. Daar het water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak.

7. Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het.

8. Die Here God het toe 'n tuin in Eden in die ooste aangelê en die mens wat Hy gevorm het, daar laat woon.

Lees volledige hoofstuk Genesis 2