Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 19:32-38 Afrikaans 1983 (AFR83)

32. Kom ons maak vir Pa dronk en dan slaap ons by hom sodat ons by hom kinders kan hê.”

33. Daardie nag het hulle hom dronk gemaak, en die oudste dogter het met hom gemeenskap gehad. Hy het nie besef dat dit sy is wat by hom kom lê en daarna opstaan nie.

34. Die volgende dag sê sy toe vir die jongste: “Ek het verlede nag by hom geslaap. Kom ons maak hom vannag weer dronk en dan gaan slaap jy by hom sodat ons elkeen 'n kind by hom kan hê.”

35. Hulle het hom toe daardie nag weer dronk gemaak, en die jongste dogter het met hom gemeenskap gehad. Hy het nie agtergekom dat dit sy is wat by hom kom lê en daarna opstaan nie.

36. So het die twee dogters van Lot by hulle pa swanger geword.

37. Die oudste het 'n seun in die wêreld gebring en hom Moab genoem. Hy is die voorvader van die Moabiete.

38. Die jongste dogter het ook 'n seun in die wêreld gebring en hom Ben-Ammi genoem. Hy is die voorvader van die Ammoniete.

Lees volledige hoofstuk Genesis 19