Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 19:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die twee engele het Sodom teen die aand bereik terwyl Lot juis in die poort van Sodom sit. Toe Lot hulle sien, het hy hulle tegemoet gegaan en diep gebuig

2. en gesê: “Welkom, Menere! Kom tog na my huis toe en oornag daar. Julle kan ook julle voete was. Dan kan julle môre vroeg julle reis voortsit.”Maar hulle sê: “Nee, ons sal sommer op die plein oornag.”

3. Lot het egter so by hulle aangehou dat hulle by hom ingedraai en in sy huis ingegaan het. Hy het vir hulle 'n maaltyd klaargemaak: hy het ongesuurde brood gebak, en hulle het geëet.

4. Voor hulle die aand gaan slaap het, het die mans oral uit die stad uit, die mans van Sodom, oud en jonk, die hele klomp, die huis van Lot omsingel.

5. Hulle het vir Lot geroep en vir hom gevra: “Waar is die mans wat vanaand na jou toe gekom het? Bring hulle uit na ons toe. Ons wil geslagsgemeenskap met hulle hê.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 19