Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Hy het gesê: “Menere, u sal my 'n guns bewys deur nie by my verby te gaan nie.

4. Laat ek eers 'n bietjie water laat haal sodat u u voete kan was, en kom rus dan onder die boom.

5. U is nou eenmaal op pad hier by my verby, en daarom wil ek 'n stukkie brood vir u gaan haal dat u weer nuwe krag kan kry.”Hulle het vir hom gesê: “Goed! Maak so!”

6. Abraham het toe gou na Sara toe in die tent gegaan en vir haar gesê: “Vat gou sestien kilogram meel en knie dit en bak roosterkoeke.”

7. Daarna het hy na die beeste toe gedraf en 'n mooi jong kalf gevat en vir 'n slaaf gegee om dit gou voor te berei.

Lees volledige hoofstuk Genesis 18