Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:18-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Abraham sal tog 'n groot en sterk nasie word en in hom sal al die nasies van die aarde geseën word.

19. Ek het hom gekies dat hy sy kinders en sy nageslag kan beveel om op my pad te bly deur te doen wat goed en reg is, sodat Ek vir Abraham kan doen wat Ek hom beloof het.

20. Toe sê die Here: “Die geroep teen Sodom en Gomorra is hard. Hulle sonde is baie groot!

21. Ek wil gaan kyk sodat Ek kan weet of hulle ooreenkomstig die geroep wat tot by My gekom het, gehandel het of nie.”

22. Die mans het weggedraai Sodom toe, maar die Here het by Abraham bly staan.

23. Abraham het toe nader gekom na die Here toe en gevra: “Sal U die regverdiges saam met die goddeloses vernietig?

24. Miskien is daar vyftig regverdiges in die stad. Sal U die plek werklik vernietig? Sal U dit nie spaar oor vyftig regverdiges daarin nie?

25. U sal tog nie so iets doen en die regverdiges saam met die goddeloses om die lewe bring nie! U sal tog nie die regverdiges soos die goddeloses behandel nie! Sal die regter van die hele aarde dan nie reg laat geskied nie?”

26. Toe sê die Here: “As Ek vyftig regverdiges in Sodom kry, sal Ek die hele plek spaar oor hulle.”

27. Abraham het gesê: “Ek is maar net stof en as, en tog het ek gewaag om met die Here te praat.

28. Sê nou die regverdiges is vyf minder as vyftig: sal U die hele stad vir vyf verdelg?”Hierop antwoord die Here: “Ek sal dit nie verdelg as Ek vyf en veertig daar kry nie.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 18