Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:12-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. en daarom het sy by haarself gelag en gedink: sal ek nog genot kan hê noudat ek afgeleef is? En dit met my man wat oud is?

13. Toe vra die Here vir Abraham: “Waarom lag Sara? Waarom dink sy: sal ek werklik 'n kind in die wêreld bring noudat ek oud is?

14. Is iets te buitengewoon vir die Here? Op die vasgestelde tyd sal Ek terugkom. Volgende jaar hierdie tyd sal Sara 'n seun hê.”

15. Sara het geskrik en toe 'n leuen vertel. “Ek het nie gelag nie,” het sy gesê.Maar die Here het gesê: “Nee, jy het gelag.”

16. Toe die mans opstaan om te vertrek, het Abraham 'n entjie saam met hulle gestap. Die mans het afgekyk in die rigting van Sodom,

17. en toe dink die Here: sal Ek vir Abraham wegsteek wat Ek wil doen?

18. Abraham sal tog 'n groot en sterk nasie word en in hom sal al die nasies van die aarde geseën word.

19. Ek het hom gekies dat hy sy kinders en sy nageslag kan beveel om op my pad te bly deur te doen wat goed en reg is, sodat Ek vir Abraham kan doen wat Ek hom beloof het.

20. Toe sê die Here: “Die geroep teen Sodom en Gomorra is hard. Hulle sonde is baie groot!

21. Ek wil gaan kyk sodat Ek kan weet of hulle ooreenkomstig die geroep wat tot by My gekom het, gehandel het of nie.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 18