Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 16:9-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. en die Engel van die Here sê vir haar: “Gaan terug na jou eienares toe en onderwerp jou aan haar gesag.”

10. Verder het die Engel van die Here vir haar gesê: “Ek sal jou nageslag so baie maak dat hulle te veel sal wees om te tel.”

11. En toe sê die Engel van die Here ook nog vir haar:“Kyk, jy is swanger;jy sal 'n seun in die wêreld bring.Jy moet hom Ismael noem,want die Here het van jou swaarkry gehoor.

12. Jou seun sal 'n man weesso ontembaar soos 'n wildedonkie:hy sal teen almal wees,en almal sal teen hom wees.Hy sal in vyandskap leef met sy bloedverwante.”

13. Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: “U is 'n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.”

14. Daarom word die fontein genoem Lagai-Roï-fontein. Die fontein is tussen Kades en Bered.

15. Hagar het vir Abram 'n seun in die wêreld gebring, en Abram het sy seun wat Hagar in die wêreld gebring het, Ismael genoem.

16. Abram was ses en tagtig toe Hagar vir Ismael vir hom in die wêreld gebring het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 16